Leaders instill in their people a hope for success and a belief in themselves. Positive leaders empower people to accomplish their goals.
Mnr. Pieter van Kampen wat as adjunkhoof gedien het, het homself reeds bewys deur elke taak met deernis, liefde en omgee vir die skool aan te pak en altyd die leerders en personeel se beste belange op die hart te dra. Meneer van Kampen beeld die eienskappe van ’n leier uit en skep vir sy personeel die geleentheid en spasie om hulself te kan uitleef en kreatief te kan wees.
Hy beklemtoon goeie verhoudings en bedank almal wat deel is daarvan dat die skool steeds vorentoe groei. Vir leerders wil hy ’n veilige ruimte sien waarin hulle kind kan wees, hulself kan uitleef en hul potensiaal kan ontwikkel. Die skool en sy personeel sal saamwerk om leerders te leer van lojaliteit, integriteit, uitnemendheid, respek en geloof. Hierdie sal bydra daartoe om leerders wat ’n wesenlike verskil in die lewe wil maak die toekoms met sekerheid en positiwiteit kan ingaan.