KYK | Juffrou Lorna van Zyl tree af ná amper ses dekades by die Laerskool Dr Viljoen – eers as leerder en toe as onnie en laastens as skoolhoof.
Juffrou, soos die kinders jou ken Juffrou Zyl was ‘n ikoon. Haar liefde,passie en omgee het nooit opgeraak in hierdie 44 jaar wat sy haar lewe en toewyding vir die onderwys, leerders en gemeenskap van Viljoen gegee het nie. Die vuur binne haar het net oor die jare helderder gebrand. As God ploeg beplan Hy om te plant en te oes uit die grond wat Hy voorberei. As jy soms die ploegskare deur jou lewe voel wees verseker God werk aan ‘n groot oes en juffrou ons Hemelse Vader het ‘n baie spesiale plan met Juffrou se lewe gehad hier by Viljoen. Ons loop daagliks verskillende paaie,ons beweeg en kom in aanraking met mense ‘n groot gedeelte van ons lewe. Ons los voetspore waar ons gaan. Voetspore is in kort die lewensprint wat ons agter laat, en lank nadat ons verby is lê daardie spore nogsteeds daar. Juffrou dankie vir jou voetspore wat jy nou gaan agterlaat aan die einde van hierdie reis. Mag dit wat voorlê net mooi en geseënd wees en al is dit onbekend en onverwags laat dit wees wat dit wil wees, en gaan dit laggend en met geen hoogtevrees tegemoet.
DIE ANKER IS NOU GELIG, NOU IS DIT VIR DIE VOLGENDE AVONTUUR⚓️