What is important is that we make sure to work together, that we understand our strength comes from unity and not division.
Ons het weer ons jaarlikse sportdag op 13 Julie gehad. Waar ons verskillende skole nooi om die dag by ons te kom kuier.
Walt Disney het gesê: Ons grootste natuurlike hulpbron is die gedagtes van ons kinders.
Hier by Viljoen probeer ons en streef ons daarna om vriendskapsbande te smee nie net op akademiese vlak nie,maar ook op die sportveld. Dis altyd lekker om ander skole met hulle leerders, afrigters en ondersteuners hier te ontvang om van hierdie dag ‘n sukses te maak. Ons glo die leerders moet sport geniet en dit sien as deel van hulle ontwikkeling en ontspanning. Ons is trots op dit wat ons hier by Viljoen doen en aanpak.
Baie dankie aan ons Sportdag -BORG -IMPERIUM.
Dankie dat julle ons kinders se toekoms wil verseker. 🏉⚓️🏀