Laerskool Dr. Viljoen verwelkom nuwe Skoolhoof.
Leaders instill in their people a hope for success and a belief in themselves. Positive leaders empower people to accomplish their goals.

Mnr. Pieter van Kampen wat as adjunkhoof gedien het, het homself reeds bewys deur elke taak met deernis, liefde en omgee vir die skool aan te pak en altyd die leerders en personeel se beste belange op die hart te dra. Meneer van Kampen beeld die eienskappe van ’n leier uit en skep vir sy personeel die geleentheid en spasie om hulself te kan uitleef en kreatief te kan wees.
Hy beklemtoon goeie verhoudings en bedank almal wat deel is daarvan dat die skool steeds vorentoe groei. Vir leerders wil hy ’n veilige ruimte sien waarin hulle kind kan wees, hulself kan uitleef en hul potensiaal kan ontwikkel. Die skool en sy personeel sal saamwerk om leerders te leer van lojaliteit, integriteit, uitnemendheid, respek en geloof. Hierdie sal bydra daartoe om leerders wat ’n wesenlike verskil in die lewe wil maak die toekoms met sekerheid en positiwiteit kan ingaan.


Ons pragtige nuwe skooldrag.
Veranderinge is wat die lewe interesant maak. Kyk net hoe spoggerig lyk ons Viljoen leerders deesdae.
Ons leerders lyk sommer deesdae weer spoggerig met hulle nuwe skooldrag. Wat ‘n mooi prentjie is dit nie om ons leerders so mooi en netjies te sien met hulle swart blazer, netjiese knopies hemp en das. Daar is net soveel trots daaraan.
Die leerders trek gedurende die winter maande hulle swart blazer met ‘n das en ‘n lang wit hemp aan. Seuns en dogters albei lang grys kouse. Gedurende die somer maande trek ons dogters wit kort sokkies met hulle netjiese wit hemp en blou skoolrok aan. Seuns kort broek met lang grys kouse en wit hemp. Die skoolklere kan by die kantoor bestel word en ook afgehaal word sodra dit beskikbaar is.
Dankie vir die ouers wat hierdie nuwe verandering so mooi ondersteun. Ons waardeer julle ondersteuning op hierdie gebied.


Ons heel eerste Bingo aand!
Wat ‘n wonderlike suksevolle aand was dit nie gewees nie. Op 2 Augustus het die OOV ‘n Bingo aand gereël. Dit was ‘n eerste en dit was ‘n wenner gewees. Dankie aan die organiseerders, die ouers en personeel wat het gehelp het en bygedra het tot hierdie aand. Ons waardeer julle ondersteunig en is so dankbaar vir ons ouers wat altyd bereid is om die ekstra myl te stap. Dankie ook aan almal wat pryse geskenk het en donasie gemaak het om ‘n sukses te kon maak van die aand.
Ons sien uit na die volgende een!!
Geliefde Juffrou groet na 44 jaar!
KYK | Juffrou Lorna van Zyl tree af ná amper ses dekades by die Laerskool Dr Viljoen – eers as leerder en toe as onnie en laastens as skoolhoof.
IMG-20240506-WA0015